Meer oor Ella Design Studio

Hallo,

my naam is Eileen Kotze and Ella Design Studio is my baba.  My passie vir webblad ontwerp het in 2008 begin toe ek my eie besigheid begin het wat trou- en konferensielokale bemark het.  My webblad was oorspronklik ontwerp deur 'n profesionele webbladontwerper wat baie bygedra tot my aanlynteenwoordigheid.  Met die verloop van tyd wou ek nuwe inligting en fotos op my webblad sit, maar my webbladontwerper se tyd was baie beperk en hy kon my nie meer help nie.   

 

My nuuskierige geaardheid en ongeduld om goed dadelik gedoen te kry het in my guns gewerk.  Ek het begin om my eie webblad in stand te hou en het daarna ook ander mense gehelp.   My meestersgraad in verbruikersstudies kom handig te pas in my benadering t.o.v. van my besigheid.  Mense het almal behoeftes en daar moet aan hul behoeftes voldoen word om te verseker dat hulle tevrede is met jou diens en terug kom vir nog besigheid. 

 

As ma van drie tieners en vrou van 'n innoverende intrepeneur staan die lewe nie stil nie en gebeur baie dinge.  Elke nuwe webwerf wat ek bou sien ek as 'n uitdaging wat ek met altwee hande aangryp.  My persoonlike uitdaging is dat Ella Design Studio 'n groot maatskappy word wat suksesvol is in elke opsig. 

 

Ella bou en onderhou !